Sleepwa laat voertuig rol

Die Hyundai van Pierre Govea van Krugersdorp het ’n sleepwa met ’n bakkie op gesleep. Die sleepwa het op die steil afdraande van die Sandrivierspoort-nek begin swaai en die voertuig omgegooi.

’n Sleepwa agter ’n voertuig wat erg begin swaai het, het gelei tot ’n fratsongeluk teen die steiltes van die Sandrivierspoort-nek buite Vaalwater.
Pierre Govea van Krugersdorp was op Vrydag, 19 April, om 03:00 in die vroeë oggendure op pad vanaf Steenbokpan terug na Krugersdorp. Hy het ’n bakkie op ’n sleepwa agter aan sy Hyundai-voertuig gehad.
Terwyl hy oor die nek gery het, het die sleepwa glo weens die steil afdraande erg begin swaai.
Govea kon nie die voertuig beheer nie en die sleepwa het geknak en die Hyundai omgegooi, waarna dit gerol en gegly het.
Die sleepwa het losgebreek en die bakkie het van die sleepwa afgegly.
Dit was net Govea en ’n werker, Gerald Cheba, wat in die voertuig was.
Cheba is deur ’n verbygaande voertuig na die FH Odendaal-hospitaal op Modimolle geneem. Govea, wat op daardie stadium nie te sleg gevoel het nie, het by die voertuie gebly.
Hy is self later met ’n verbygaande ambulans na die hospitaal op Modimolle geneem.

  AUTHOR
Francien Zaayman

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Seun sterf ná TV op hom val