Herstel aan paaie vorder goed

Die bouwerk aan die paaie in die Bela-Bela-sakesektor sal volgens Arcade Ndikumagenge van MSW kontrakteurs na verwagting teen einde Julie voltooi wees.

Die paaie wat oorgedoen is, sluit in Potgieter-, Ritchie-, Sutter-, Marx- en Pretoriaweg.

Ndikumagenge het aan Die Pos gesê hulle het die afgelope tyd meganiese probleme ondervind wat herstelwerk vertraag het, maar die werk verloop nou weer volgens plan.

Die enigste straat wat tans vir verkeer gesluit is, is Marxstraat, by die ingang na die dorp vanaf Gauteng.

Werkers is op ander gedeeltes hard aan die werk om plaveisel en stormwaterstelsels af te rond.

 

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Diewe slaan in nag toe