Bekendes tree tydens kunstefees op

Die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle se gewilde kunstefees word vanjaar van 2-4 Junie gehou. 

Bekendes in die vermaaklikheidswêreld sal tydens die geleentheid optree. Die fees vind weer, soos verlede jaar, by die mooie Shangri-La Country Hotel en Spa plaas. 

’n Vyfgangete en wynproe word op Vrydag, 2 Junie, saam met die sanger Kevin Leo. Die koste is R250. Vir besprekings skakel tel. (014) 718 1600.  

Francois en Elizabeth Fourie tree die Saterdag om 10:30 op, om 11:30 kan besoekers na Sonja Heroldt luister, om 12:30 kom Touch of Class aan die beurt, gevolg deur die aktrise en komediant Lizz Meiring om 13:30. 

Om 14:30 maak Sjef Heidi mense in die kombuis touwys en om 15:30 tree Gerrie Pretorius op. Matthys Roets is om 16:30 aan die beurt, gevolg deur Monique Steyn om 17:30 en Ghapi om 18:30. Toegangskaartjies is beskikbaar by die hek en kos R100 per persoon.

Die kinders hoef glad nie verveeld te wees nie. Vanaf 10:00 tot 18:00 word ’n verskeidenheid items vir hulle aangebied. Elizabeth Fourie tree van 12:00 tot 12:45 vir hulle op en Sonja Heroldt en Tjokker van 13:00 tot 13:45. Toegangsgeld is R70 per kind. 

’n Kerkdiens word op Sondag, 4 Junie, saam met die sangers gehou. Toegang hiervoor is gratis. 

Vir meer inligting, bel vir Cecile le Roux by tel. 076 118 2111.

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top