Bekendes in politieke kringe by DA-gholfdag

Die DA in Limpopo beplan om op Vrydag, 30 Junie, ’n groot gholfdag by Koro Creek op Modimolle aan te bied.

Jacques Smalle, die DA se provinsiale leier in Limpopo, het gesê die geld wat uit die gholfdag gemaak word, sal bydra tot die DA se verkiesingsveldtog in 2019.

Die gholftoernooi begin die oggend waarna ’n veiling gehou sal word en ’n prysuitdelings sal later plaasvind.

Smalle het gesê dit sal ’n goeie geleentheid wees om kennis te maak met provinsiale en nasionale leiers, asook parlementslede. Athol Trollip, voorsitter van die DA se federale raad, sal die geleentheid as gasspreker bywoon.

Vir verdere navrae bel vir Janine Erasmus by tel. 079 636 6444 of vir Larissa Venter by tel. 082 591 7532.

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Waterberg regional league play-offs