Groot driekampbyeenkoms hierdie Saterdag

Die jaarlikse Standard Bank 5150-driekampbyeenkoms vind op Saterdag, 12 Augustus, by Forever Resorts op Bela-Bela plaas.

Atlete swem vanjaar 1,5 km by Forever se ski-dam, ry 40 km fiets op die Alma-pad buite Bela-Bela en hardloop dan 10 km deur Forever Resorts. 

Verkeer sal vir die duur van die wedloop in dele van Robertsonstraat, Groblerlaan, Moffat- en Lunaweg, asook op die Alma-pad vertraag word.

Verlede jaar se manswenner was Travis Johnston wat die driekamp binne 01:59:13 voltooi het en die vrouewenner, Andrea Steyn, het in 02:14:31 klaargemaak. Inskrywings vir die naweek se byeen-koms het reeds gesluit.

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Academy on the move