Polisie neem talle in hegtenis

Die polisie op Modimolle het ’n bedrywige naweek agter die blad met tientalle mense wat in hegtenis geneem is weens die besit van nyaope en dagga, asook weens dronkbestuur en die gebruik van alkohol in die openbaar. 

Verskeie onwettige drankper-sele se deure is gesluit en onwettige immigrante is aangekeer. 

Dié suksesse volg ná optrede in samewerking met die verkeersdepartement. “Dit is goed dat die aantal inhegtenisnames styg. Selfs al neem die polisie mense in hegtenis op minder ernstige aanklagtes, is die neiging dat ernstige misdade daarna afneem,” het ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê.

“Drankmisbruik lei dikwels tot ernstige misdade soos aanranding of verkragting. Ons tree proaktief op en neem die mense in hegtenis voordat dit lei tot ’n erger misdaad,” het hy gesê.

Findlay het inwoners gewaarsku hoewel diefstal uit voertuie vir ’n lang ruk minder was, het dit onlangs weer skerp toegeneem. Inwoners moet seker maak hul voertuie se deure is gesluit deur aan die handvatsel te trek. Bêre ook handsakke en duur items buite sig van verbygangers.

  AUTHOR
Ronel van Jaarsveld
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Alleged thief caught red-handed