Vervalste note lei tot verliese

Sakelui op Bela-Bela het geld verloor nadat hulle met vervalste banknote betaal is.

Twee ondernemings op die dorp, MHV Onderdele en Dros het in die laaste paar weke vervalste note as betaling ontvang. 

Jaco Viljoen, verkoopskonsultant by MHV, het aan Die Pos gesê die onderneming het ’n geringe verlies gelei toe hulle die geld wou gaan bank en die bank die vervalste note uitgewys het.

Hy het gesê hy kan nie met sekerheid sê watter van die kliënte wat die afgelope tyd by die onderneming aangeklop het, met vervalste geld betaal het nie.

Kapt. Annemarie Smith, waarnemende speurtakhoof, het by navraag gesê sakelui moet meer bedag wees en seker maak of die geld wat hulle ontvang eg is aangesien talle variasies van vervalste note die ronde doen.

Sy het voorgestel dat ondernemings masjiene wat geld tel of sensortoestelle (soos ultraviolet-tegnologie) gebruik om vervalste note uit te wys.

Indien daar bevind word dat ’n kliënt met vervalste geld betaal het, moet die polisie in kennis gestel word, het sy gesê.

Skakel die Bela-Bela-polisie by tel. (014) 736 9760/1 of by tel. 072 839 5587.

  AUTHOR
Andries van der Heyde
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Woman found guilty of perjury