Klipgooiery op N1 laat man groot skrik

’n Klip wat vermoedelik deur ’n bewegende voertuig op die N1-suid se venster gegooi is, het op Woensdag, 2 Augustus, groot konsternasie veroorsaak. 

Die motorbestuurder, wat vroegoggend op pad was Pretoria toe, het aanvanklik gedink daar is op hom geskiet. Hy het tot by die Kranskop-tolhek gery vanwaar die polisie ontbied is. 

Dié voorval het in die rigting van Pretoria, net verby die Middelfontein-afrit, gebeur. Die bestuurder het aan die polisie gesê hy het ’n voertuig daar naby langs die pad gesien staan. Geen verdere leidrade kon gevind word nie en die man, wat nie in die omgewing woon nie, wou nie ’n saak by die polisie aanhangig maak nie en is fort. 

Dié klipgooiery het op dieselfde plek gebeur as waar ’n groot vragmotor onlangs omgeslaan het weens ’n gebarste band. In dié voorval is een persoon dood en nog twee in die hospitaal opgeneem. Die ongeluk het groot verkeersontwrigting op Modimolle tot gevolg gehad omdat die snelweg se verkeer deur die dorp herlei is. 

Die Pos het verneem dat daar onlangs nog ’n voorval was van klippe wat van ’n brug af gegooi is, dié keer by die oorbrug by Mookgophong. Die sondebokke was glo jong kinders.

  AUTHOR
Ronel van Jaarsveld
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Dankbaar vir gemeenskap se omgee en meelewing, vertel Vaalwater-man ná aanval