Sakeman erken hy pleeg bedrog

Willem Snyders, eienaar van Waterberg Wholesale Petroleum, het op Donderdag, 3 Augustus, in die hof op Modimolle skuld beken op ses klagtes teen hom. 

Die klagtes van bedrog en vervalsing behels ’n geraamde bedrag van sowat R300 000.

Sake is teen Snyders aanhangig gemaak nadat hy na bewering verskeie inwoners ingeloop het. Hy het glo ook vooruitgedateerde elektroniese bankoorbetalings gemaak en dan die “bewys van betaling” deurgestuur. Die betalings het egter nooit deurgegaan nie.  

Snyders is op Woensdag, 1 Maart, aangekeer nadat hy op die vlug geslaan het in sy peperduur Mercedes C220 toe hy polisiebeamptes wat na hom gesoek het by sy onderneming in die nywerheidsgebied gesien het. 

Daar is beslag op sy voertuig gelê en hy is sedertdien in aanhouding. 

Hy verskyn weer op Dinsdag, 15 Augustus, in die hof vir die vonnisverrigtinge. 

  AUTHOR
Ronel van Jaarsveld
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Leeus in wildpark genadeloos afgemaai