Hoekom is Nylsvley belangrik?

Nylsvley is meer as net ’n nat kolletjie met riete. 

Die Nylsvley-bewaringsgebied bied skuiling aan verskeie bedreigde en rare spesies. 

Die enigste wilde rys in Suid-Afrika, Oryza longistaminata, kom volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi) daar voor. Dit groei sowat 2 m hoog en bied skuiling en kos aan die duisende voëls in dié gebied. 

Juliana se goue mol (Neamblysomus julianae) is ’n krities bedreigde spesie weens ’n verlies aan habitat. Dit kom slegs in die Nylsvley-omgewing, Bronberg-rif in Pretoria en in die Kruger Nasionale Park voor. 

Skaars en bedreigde voëls besoek dié gebied om te broei. Van dié spesies is die dwergrietreier, kleinrietreier, kleinkoningriethaan, rooikeelreier en streepborsvleikuiken. Volgens Birdlife SA kom omtrent elke spesie Suid-Afrikaanse eend op een of ander tyd van die jaar hier voor.  

Volgens die Ramsar Konvensie speel vleilande ’n allerbelangrike rol. Dit verminder moontlike vloedskade, filtreer en vul grondwater aan en verminder die uitwerking wat klimaatsverandering op die omgewing het.

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Sundowns FC hits town