Goeie nuus vir Bela-Bela se Salusoord-inwoners

Goeie nuus vir die inwoners van Salusoord op Bela-Bela is dat die munisipaliteit besluit het om voorlopig nie voort te gaan met sy planne om inwoners te vra om te ontruim nie.

Inwoners van dié oord het in Mei kennis-gewings ontvang dat hulle van die perseel moet ontruim omdat die meeste van hulle glo nie aan die wetlike vereistes van die algemene erkende rekeningkundige praktyk-beleid (Grap 16) voldoen nie.

Salusoord huisves bejaardes, hulpbehoewendes en munisipale werkers. Dit het egter aan die lig gekom dat sekere inwoners glo onwettig op die grond woon.

Tinus Ras, DA-raadslid, het by navraag gesê ná samesprekings met Jeremia Ngobeni, die dorp se burgemeester, en Precious Raputsoa, waarnemende muni-sipale bestuurder, is daar besluit dat geen uitsettingsaksies op hierdie stadium uitgevaardig sal word nie.

 “Die slegte nuus is egter dat mense wat agterstallige huurrekeninge het of daar woon sonder ’n wettige kontrak, sal moet ontruim. 

“Ons voorstel is dat hierdie mense die munisipaliteit besoek en hul saak kom stel,” het Ras gesê.

Ngobeni sou vandeesweek met inwoners vergader oor die kwessie.

 

  AUTHOR
Andries van der Heyde
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Dié kieterkat van Bela-Bela het sowaar nege lewens