Kom smul aan pap en kaiings

Die Gereformeerde Kerk Waterberg op Modimolle beloof besoekers aan die Kaboemfees dat hulle heerlik sal smul aan die kos wat by hul stalletjie te koop is. 

Die Kranskop Afrikaanse boerekos- en musiekfees (Kaboemfees) vind hierdie naweek van 25-26 Augustus op die feesterrein buite Modimolle plaas.  

Die gemeente is bekend vir hul topgehalte vleis teen goeie pryse. Hul sosaties is van kruisbiefstuk (rump) gemaak en het lank genoeg in die marinade gelê om sappig en sag te wees. 

Die stalletjie is baie gewild vir hul tradisionele pap en kaiings — dit word gewaarborg dat besoekers sal gaan aanklop vir  ’n tweede porsie. Daar sal ook boereworsrolle beskikbaar wees.  

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Between music and lights