Sakkie-sakkie saam op maat van die beste musiek

Die jaarlikse boeremusiekfees op die Leeupoort-vakansiedorp vind vanjaar van 8-10 September plaas. 

Altesame 27 orkeste sal tydens die fees optree. Dit sluit in die orkeste van Hannes Schoeman, Danie Grey, die Magaliesorkes, Lourens van Zyl, Pieter en Fanie Zwart, Paul Roodt, Willie Jooste, Faan Rossouw, Lieb Bester, Willie Mynhardt, Connie du Toit, Johan van Vuuren, Cassie Nel, Corrie Botma, Juan Vermaak en Ben Malan. ’n Foto sal ook vir die eerste keer van al die musikante teenwoordig by die Boeremusiekmonument geneem word. 

Die bekende en geliefde sportster, Jan Wilkens, sal die fees Saterdag, 9 September, bywoon en Pieter Cloete, Afrikaanse sanger, sal optree. Willem Viljoen van die Vastrap-program op ’n bekende Afrikaanse radiostasie sal die feesrede lewer en 10 ikone sal vereer word. Die Ou Toppers, ’n bekende orkes uit die Kaap, tree ook op.

Ds. Cassie Aucamp sal die dankdiens op die Sondag waarneem.

Vir navrae of meer inligting bel vir Pieter of Reina Bodenstein by tel. 082 410 1655 of tel. 082 490 7692 of stuur ’n e-pos na gaangroen@gmail.com(.)

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Advertensie: Prestige Game and Hunt-veiling