Uitgeboul!

Laerskool Nylstroom se krieketspan het op Donderdag, 14 September, teen Laerskool Ellisras gespeel om die streekwenner te bepaal.

Die Nylies is reeds ligawenners en het al hul ligawedstryde gewen.

Die kookwaterspan het 240 lopies vir die verlies van twee paaltjies teen Laerskool Ellisras aangeteken.

Die span van Ellisras het swaar onder die Nylies se vernuftige boulers deurgeloop en is vir ’n skamele 100 lopies uitgeboul. Laerskool Nylstroom het die wedstryd dus met 140 lopies beklink. Foto’s: Herman Steyn

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SPORTEX holiday games resume