Vragmotor in vlamme gehul ná botsing

’n Botsing tussen twee vragmotors op die N1-snelweg het op Woensdagoggend, 20 September, groot rookwolke die lug ingestuur nadat een van die voertuie, wat papier vervoer het, aan die brand geslaan het.

Die ongeluk het net ná 04:45 tussen die Sondela-afrit en die Kranskoptolhek gebeur.

’n Ernstige waarskuwing is deur die Waterberg-distriksmunisipaliteit uitgereik dat inwoners die gebied moes verlaat omdat die een vragmotor, wat ’n onbekende vrag gedra het, erg gerook het, hoewel dit nie gebrand het nie.

Daar was kommer dat dit skadelik kon wees. Die Waterberg-distrik se brandweer was op die toneel. Een van die bestuurders is ernstig beseer. 

  AUTHOR
Die Pos-span/The Post team

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Die Pos-fotograaf sterk goed aan ná heupoperasie