VLU-lede leer om kruisiesteek te doen

Michelle Lewis verduidelik aan die Sonskyntak se VLU-lede hoe om kruisiesteekborduurwerk te doen.

Michelle Lewis, lid van die tak, het die vroue meer vertel van kruisiesteekwerk.

“Jy moet altyd van bo na onder en van links na regs werk sodat jy nie te veel wrywing op die gare sit en dit dof word nie,” was Lewis se raad.

Sy het vir elke vrou ’n pakkie met garing, ’n naald en patrone gegee en hulle kon kies watter patroon hulle wil uitwerk.

Sy het die vroue vertel hoe om die blokke te tel en om dan die gare deur te ryg om blokke van tien te maak om die patroon uit te werk.

“Moet nooit die gare natlek nie. Kruisiesteekgaring se punt word skuins gesny en dan deur die naald gesteek. ’n Mens werk ook met ’n stomppunt-naald spesiaal vir kruisiesteek. As jy wil hê jou patroon moet meer uitstaan, gebruik 4-6 string-gare.”

Sy het die vroue ook geleer hoe om die gare uitmekaar te trek.

Ná ’n vrolike aand vol lag en gesels, het die Sonskyntak-lede meer geweet van dié pragtige handwerkmetode.

Die taklede kom weer op Donderdag 22 November byme-kaar vir hul jaarafsluiting.

  AUTHOR
Die Pos-span / The Post team

Latest News

COMMENTS

Top