Toppresteerders raap pryse by prysuitdeling op

Só lyk Hoërskool Warmbad se uitvoerende komitee vir 2019. Die hoofleiers is Ruben Jooste (ondervoorsitter), Michael Jordaan (ondervoorsitter), Chris Grobler (voorsitter), Nadia Terblanche (voorsitter), Emma Stavrakis (ondervoorsitter) en Daniela de Freitas (ondervoorsitter).

Ben Verster is as die beste swemmer vir 2018 aangewys.

 

Jean Rossouw het seker gemaak dat beseerdes op die sportveld die nodige hulp ontvang en is met die noodhulptrofee vereer.

 

Jude Schabort is ’n Warrie van formaat. Hy is as die Duxleerder van die jaar aangewys nadat hy ’n gemiddeld bo 85% vir akademie behaal het. Jude is op grond van sy prestasies in sport, kultuur, akademie en leierskap as die Warrie van die jaar aangewys.

 

Matthew Maguire is as gholfspeler van die jaar aangewys.

 

Ricardo Booyse het hom onderskei as ’n puik krieketspeler. Hy is aangewys as Hoërskool Warmbad se krieketspeler van die jaar.

 

Rikus Labuschagne is die beste seunshokkiespeler van die jaar.

  AUTHOR
Die Pos-span / The Post team

Latest News

COMMENTS

Top