HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Groep sê weg met mishandeling


   18 August 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 71   l   3 months ago  

 

’n Groep inwoners van Bela-Bela het op Maandag, 14 Augustus, voor die Bela-Bela-landdroshof met plakkate en kleefband oor hul monde bymekaar gekom. Hierdie groep wil mense bewus maak van mishandeling teen vroue en kinders en sê dat die regstelsel daar is om mense te help. 


’n Groep inwoners van Bela-Bela het op Maandag, 14 Augustus, voor die Bela-Bela-landdroshof met plakkate en kleefband oor hul monde gestaan om mense bewus te maak van die mishandeling van vroue en kinders.

“Ek is moeg vir hoe die wêreld geword het weens mishandeling. Dit is onregverdig dat vroue en kinders daagliks mishandel word, want hulle verdien ’n kans om te leef. Die gereg en die regstelsel is daar om almal te help,” het Schalk van Kouefront, organiseerder, gesê.

Hy het voorts gesê mense wat huishou-delike probleme ervaar, moenie bang vir hofprosedures bang wees nie.

“Daar is mense wat jou sal bystaan. Ons lede sal ook daar wees vir mense wat ondersteuning nodig het. As ons nie wys ons is teen mishandeling nie, gaan niks verander nie.”

Van Kouefront het gesê die publiek is welkom om met hom in verbinding te tree om deel van sy bewusmakingsveldtog te wees, veral omdat Augustus vrouemaand is.

Bel hom by tel. 073 307 1802.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories