HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Lasbrief uit vir vrou wat glo steel


   18 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 270   l   3 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Lasbrief is uitgereik nadat Jacomina Louisa Meiring nie opgedaag het vir haar hofsaak op Dinsdag, 8 Augustus, nie. 

Sy sou  op verskeie klagtes van diefstal verskyn het nadat sy glo meer as R1 miljoen by ’n onderneming op Modimolle gesteel het. 

Die 52-jarige vrou is in April 2015 in hegtenis geneem nadat die eienaars van Builders Discount glo besef het dat geld by die onderneming weg is. ’n Forensiese ondersoek het getoon dat meer as  R1 miljoen gedurende 2013 en 2014 verdwyn het, het Die Pos vroeër berig. 

  • Die Rooiberg-ses, Ruben Miles, JP Johannesse, Johan du Toit, Christopher Joubert, Mona Oosthuizen en Louisa Ricco, wat daarvan verdink word dat hulle Piet Venter, ’n wildboer van Rooiberg, in November 2015 op sy plaas vermoor het, se volgende hofverskyning is op Dinsdag, 12 September. Hoewel die landdros voorheen gewaarsku het dat die gesloer met die aanstelling van hul regsverteenwoordigers nie geduld sal word nie, was dit wéér die rede vir die uitstel.  
     
  • Anita van Niekerk van Modimolle het weer verlede week in die hof verskyn op ’n bedrogklag nadat sy glo ’n handtekening vervals het. Sy het na bewering aansoek gedoen vir finansiering op ’n motor en haar werkgewer se handtekening op die vorms nageboots pleks van om haar eie te maak. Die saak is uitgestel tot Dinsdag, 10 Oktober, vir verdere ondersoek. 
     
  • Anton Bakker, ’n 58-jarige jagter van Bela-Bela, het op Maandag, 7 Augustus, in die hof op Mokopane verskyn. Die verdediging het versoek dat die saak uitgestel word tot Maandag, 13 November, sodat hy geld bymekaar kan maak om sy regsverteenwoordiger te betaal. Die staat beweer Bakker, wat onder die naam Rhinocon815 handelgedryf het, het oorsese jagters in 2014 met miljoene rande in geloop. Hy is in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria in aanhouding. Die Pos verneem dat sy gesondheid drasties versleg het. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories