HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Polisie steeds op moordenaars se spoor


   22 September 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1128   l   2 months ago  

 

Ansie van Heerden, ‘n familielid, praat met een van die werkers, Richard Magwasi, ná die aanval op Cecil Peterson en sy vrou, Pattie, verlede week. Pattie is op die toneel dood en Cecil sterk tans aan in die hospitaal nadat hy in die kakebeen gewond is. Foto: Herman Steyn


Die soektog na die aanvallers van Cecil en Pattie Peterson duur onverpoosd voort. 

Die bejaarde egpaar is op Woensdag, 13 September, deur vermoedelik vier mans op hul plaas tussen Bela-Bela en Modimolle oorval. Pattie (73) is in die maag geskiet en is op die toneel oorlede. Cecil (83) is in die kakebeen geskiet en sterk in ’n Pretoriase hospitaal se hoësorgeenheid aan. Teen druktyd was hy onder sterk verdowing ná ’n operasie om die skade aan sy kaak te herstel. Dit lyk asof hy verdere operasies sal moet ondergaan, het Tania du Plessis, die egpaar se dogter, gesê.

Die ondersoekbeampte in die saak, kapt. Renier Schutte van die Bela-Bela-polisie, het gesê die polisie is besig met die ondersoek en dat hulle leidrade het wat hulle opvolg. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

Du Plessis het namens die familie elke persoon wat hul tyd, dienste, kennis en vaardighede ná die aanval aangebied het, bedank. “Julle het hulle bygestaan, gehelp met die soektog en op ’n spesiale en unieke manier, soos net ’n boeregemeenskap kan, saamgestaan in ons familie se diepste tyd van hartseer, skok en nood. Julle het vertroosting gebied en die deurmekaar chaos ’n bietjie meer hanteerbaar gemaak,” het sy gesê.

“My ma het gereeld vertel van al die hulp en bystand by vorige noodgevalle en te kenne gegee dat sy meer gerus voel met die wete dat hulp net ’n boodskap ver was, min wetende dat sy dit nie gegun sou word nie. 

“Weet net dat elkeen van julle ’n verskil maak en die gemeenskap het julle nodig — hou aan met jul goeie, mensliewende werk,” het sy gesê.

Van die mense wat met die soektog gehelp het, het hul hande diep in hul eie sakke gesteek om die vliegtuie in die lug te hou en ander koste te dek.

Pattie se roudiens sal op Vrydag, 22 September, om 11:00 in die Hervormde Kerk Waterberg op Modimolle plaasvind.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories