HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Plaasaanval gefnuik


   06 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 8609   l   13 days ago  

 

Christine Vermaak (79) verduidelik deur die traliehek waar die mans probeer het om by die huis in te kom. By haar staan haar skoondogter, Martie Smit, en die dapper Jack Russell-hondjies, wat die mans nie toegelaat het om in te kom nie. Foto: Herman Steyn


Twee vroue van Modimolle het ’n noue ontkoming gehad toe twee mans ongenooid by ’n plaas opgedaag en geld geëis het. 

Christine Vermaak (79) was op Vrydagoggend, 29 September, tuis op haar seun, Neels Smit, se plaas op die Jasper-pad. Slegs Vermaak en die huishulp, Fransina Makai, was tuis. Smit en sy vrou, Martie, was dorp toe. 

Vermaak het benoud om hulp gebel nadat die mans net ná 10:00 by ’n hek langs die huis gaan staan en geld geëis het. Hulle het ’n hek agter die stoor oopgedwing en die huishulp voorgelê nadat sy uit die badkamer in die stoorgebou, enkele meter van die huis af, gekom het. Hulle het haar eers in die stoor vasgebind voordat hulle met haar na die huis gestap het. 

Smit se ses befoeterde Jack Russell-hondjies het die mans egter nie toegelaat om die hek langs die huis oop te stoot nie. Skaars 2 m van die hek af was ’n veiligheidshek wat toegetrek, maar nie gesluit was nie. Makai het egter aan hulle gesê al die hekke is gesluit.  

“Ek het dadelik besef hier is moeilikheid. Hulle het eers gesê hulle soek werk en wil inkom, maar het daarna vir geld gevra. Ek het my seun gebel en gevra dat hulle dadelik moet kom,” het ’n bewerige Vermaak gesê. Smit het ook vier groot boerboele wat agter die huis toegemaak was. Die Jack Russells het dié dag alleen die fort gehou. Vermaak het nie gesien of die mans gewapen was nie. 

Smit het teruggejaag huis toe en hulp ontbied. Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en polisie het gou gereageer. Die paaie is afgesper en ’n soektog na die mans is geloods. Dit is egter die middag afgelas omdat daar vermoed is dat die mans in ’n voertuig gevlug het. 

“Ek was baie bang, want ek het gedink ek gaan my kinders nooit weer sien nie,” het Makai aan Die Pos gesê. Talle inwoners glo die voorval kon lelik uitgedraai het indien hulp nie gou opgedaag het nie. 

Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het die mans probeer om by die woning op die plaas in te kom, maar kon nie daarin slaag nie. Hulle het op die vlug geslaan toe hulle sien Smit keer terug. Ondanks ’n groot soektog, kon hulle nie opgespoor word nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories