HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Rowers skiet veiligheidswag dood


   06 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1102   l   4 months ago  

 

Joseph Chabalala (39), ’n veiligheidswag, is op Dinsdagoggend, 3 Oktober, deur gewapende rowers doodgeskiet nadat hy gesien het hoe hulle oor ’n gastehuis op Modimolle se muur klim. 


’n Veiligheidswag wat wou keer toe vyf mans oor ’n gastehuis se muur klim, het met sy lewe daarvoor geboet. 

Die 39-jarige Joseph Chabalala was in die vroeë oggendure van Dinsdag, 3 Oktober, op patrollie toe hy die mans oor die muur van die Sleep ’n Go-gastehuis in Thabo Mbekistraat op Modimolle sien klim het.

Ao. James Findlay van die Modimolle-polisie het gesê geweldsmisdaad in die gebied het die afgelope maand toegeneem. (Die Pos berig ook elders oor wat as ’n mislukte aanval beskou word op ’n plaas in die Jasper-omgewing.) 

Dit was teen druktyd onseker wat presies gebeur het, maar volgens die polisie is die ongewapende Chabalala op die toneel dood nadat hy geskiet is. Hy kon egter daarin slaag om die paniekknoppie te druk en lede van BAS-veiligheidsmaatskappy vir wie hy werk, het binne enkele minute gereageer, het Amanda Scheepers van die maatskappy gesê. Die skieters het vermoedelik in die nabygeleë bosse verdwyn. Die voorval het teen ongeveer 02:00 gebeur. 

Die polisie het die voorval bevestig. Volgens Findlay het vermoedelik vyf mans die gastehuis probeer beroof. Hulle kon egter nie toegang tot die kantoor kry nie en is daarna deur die wag gesien. Hulle het ná die skote op die vlug geslaan. 

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die veiligheidskameras se opname sal bestudeer word, het die polisie gesê. 

Chabalala, wat agt jaar lank by die veiligheidsmaatskappy gewerk het, laat sy vrou Esther en kinders Lebo (17) en Surprise (11) agter.

“Die polisie doen alles in hul vermoë om hierdie soort misdaad te verhoed en die verdagtes in hegtenis te neem,” het Findlay gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories