HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Boewe vasgetrek


   06 October 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 223   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Plaaseienaars in die Alma/Rankin’s Pass-omgewing se store is die afgelope paar weke deur boosdoeners geteiken. 

Volgens ao. Petrus Lefoka van die polisie op Vaalwater is die vermeende diewe danksy knap speurwerk van die polisie vasgetrek. 

Lefoka het aan Die Pos gesê hy was nie self by die inhegtenisname betrokke nie, maar dit is vir hom aangenaam om positiewe terugvoer met die gemeenskap te deel. 

Ao. Koos van der Berg van die Modimolle-polisie het volgens Lefoka inligting by ’n betroubare bron ontvang wat tot die suksesvolle inhegtenisname gelei het. 

Die verdagtes is op Donderdag, 29 September, in Uitbreiding 10, Phagameng, met van die gesteelde items in hul besit vasgetrek en het reeds op Vrydag, 30 September, in die hof op Modimolle verskyn, het Lefoka gesê.

Volgens Lefoka het die eienaars die meeste van hul gesteelde toerusting uitgeken en die polisie het dit reeds aan hulle terugbesorg.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories