HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Vaalwater dra ook swart


   03 November 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 42   l   19 days ago  

 

Die Vaalwater- en Alma-gemeenskappe het ook op Maandag, 30 Oktober, swart gedra in protes teen plaasmoorde. Op die foto is ’n paar leerders van Laerskool Vaalwater wat swart gedra het om hul ondersteuning te wys.


Inwoners van Vaalwater en Alma het vandeesweek ook aan die landwye Swart Maandag-veldtog teen plaasmoorde deelgeneem.

Talle mense het agter Obaro op Vaalwater byeengekom met hul swart hemde en lofliedere gesing. Past. Ernst Redelinghuys van die AGS-gemeente op die dorp, het uit die Bybel gelees en ’n boodskap gebring, waarna die byeenkoms met gebed afgesluit is. “Ek voel hierdie moet ’n gereelde instelling word,” het Redelinghuys gesê.

Die Alma/Rankin’s Pass-gemeenskap het om 15:00 by die Swaershoek-geloftefeesterrein bymekaargekom om saam te bid vir beskerming teen plaasmoorde. Volgens Coen Weilbach, ’n boer van Alma, het ongeveer 410 boere van die omgewing die byeenkoms bygewoon. 

Japie Erasmus, ’n boer van Alma, het uit Job 40 gelees en daarna gebid. “Ons het as ’n gemeenskap voorbidding gedoen vir gesinne wat geraak is deur plaasmoorde en gevra vir God se leiding en beskerming,” het Erasmus gesê. “Ons het ook dankie gesê vir die seëninge wat ons ontvang en vir almal wat saamstaan. Ons het alle eer aan die Here gegee,” het Erasmus gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories