HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Inwoner in hof ná Swart Maandag


   10 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 99   l   11 days ago  

 

Pieter Wagner, ’n eiendomsagent van Bela-Bela (regs), praat met Janes Boshoff, voorsitter van die AfriForum-tak op die dorp, voordat hy by die Bela-Bela-polisiestasie aangemeld het. Hy word daarvan aangekla dat hy onwettige Swart Maandag-optogte gereël het en ook die verkeer op die snelweg ontwrig het.


“Verstom” en “woedend” is hoe mense regoor Suid-Afrika op onder meer Facebook gereageer het nadat die polisie ná afloop van Swart Maandag verskeie mense landwyd aangekla het wat glo betrokke was by die reëlings van dié massa-byeenkomste.

Suid-Afrikaners is vóór Swart Maandag, wat op 30 Oktober plaasgevind het, aangemoedig om op dié dag swart aan te trek om eensgesindheid te toon met die slagoffers van plaasaanvalle en –moorde. Dit volg ná meer as 34 plaasaanvalle in 2017 waartydens 70 mense vermoor is.

Een van die mense wat aangekla is, is Pieter Wagner (70), ’n bekende eiendomsagent van Bela-Bela, wat ook ’n plaas buite dié dorp besit.

Wagner is deur die polisie se openbare orde-eenheid aangekla dat hy onwettige Swart Maandag-byeenkomste op die N1-snelweg en in die parkeerterrein van SuperSpar op Bela-Bela gereël het. Daar is by albei dié byeenkomste gebid vir die land. 

Wagner is gewaarsku om op Woensdag, 1 November, by die Bela-Bela-polisiestasie aan te meld.

Talle ondersteu-ners vanuit die gemeenskap het op dié dag voor die polisiestasie saamgedrom om Wagner te ondersteun, terwyl hy en sy regsverteenwoordiger met die polisie gesels het.

Wagner is daarna aangekla van die reël van onwettige saamtrekke en is ook daarvan aangekla dat hy die verkeer op die N1-snewelg ontwrig het. 

Hy moes die volgende dag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn, maar die saak is nooit op die hofrol geplaas nie.

“Ons is op hierdie stadium nie onrustig oor hierdie saak nie, maar dit voel asof ons Chris-tenskap aangeval is,” het Wagner gesê.

“Ek het niks met die reëlings van die optogte te doen gehad nie en weet nie hoekom ek ook vir die verkeersprobleem aangekla is nie. 

“Vandat die oproep vanuit die Kaap gekom het vir Swart Maandag, het ek slegs besluit om die bewustheidsveldtog teen plaasaanvalle te onder-steun.”

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het in ’n verklaring gesê hulle is geskok oor die nuus dat dagvaardings uitgereik is aan mense wat aan die Swart Maandag-aksie deelgeneem het.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê hulle is tans in gesprek met die nasionale kommissaris van polisie en die minister van polisie oor die aangeleentheid.

Groenewald het gesê die optrede teenoor die aangeklaagdes is skokkend en onaanvaarbaar, aangesien die landwye aksie vreedsaam verloop het.

“Dit is die onaanvaarbare hoë voorkoms van plaasmoorde wat op die huidige regering se beurtwag plaasvind,” het Groenewald gesê.

Hy het voorts gesê hierdie optrede teen mense is die gevolg van politieke druk op die minister en dat die VF Plus “vierkant” agter die boere sal staan.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveilig-heid, het in reaksie gesê hulle moedig mense aan om met AfriForum kontak te maak wanneer daar onregmatig teen hulle opgetree word.

“Die polisie is nou besig met politiekery en hul skending van mense se burgerregte getuig van hul onvermoë om misdaad en veral plaasmoorde hok te slaan. Die polisie probeer die fokus van die slagting van boere in Suid-Afrika met politieke aksies verskuif, het Cameron in reaksie gesê. 

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê wanneer daar ’n openbare saamtrek plaasvind, moet dit gereël word in terme van die nasionale saamtrekbeleid.

Volgens hom is die twee saam-trekke op Bela-Bela nie korrek gereël nie.

“Niemand is in Limpopo in hegtenis geneem nie, maar die betrokke mense is aangekla en gewaarsku om in die hof te verskyn. Daar is nog vrae wat beantwoord moet word oor Wagner. Daar sal deur verdere ondersoek bepaal word of hy of iemand anders verantwoordelik was vir die reël van die saamtrekke.”

Dit is nog op hierdie stadium onduidelik of Wagner weer op dié aanklagte in die hof gaan verskyn.

  • AfriForum, TLU SA en die Solidariteit Beweging beoog om op Saterdag, 25 November, weer ’n optog teen plaasmoorde na die Uniegebou in Pretoria te hou.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories