HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Man ná vyf jaar onskuldig bevind op klagtes oor kind


   01 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 119   l   11 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Man se vyf jaar lange stryd om sy onskuld op klagtes van verkragting en die onsedelike aanranding van ’n kind te bewys, het op Vrydag, 24 November, in die hof op Modimolle tot ’n einde gekom nadat hy onskuldig bevind is. 

Die man se naam word nie bekendgemaak nie om die identiteit van die kind te beskerm. 

Die man is aanvanklik op 2 Oktober 2012 in hegtenis geneem en ’n week later op borgtog vrygelaat. Die klagte teen hom is in Januarie 2014 voorwaardelik deur die staat teruggetrek weens ’n gebrek aan voldoende getuienis. Hy is weer in Oktober 2014 op dieselfde klagte gedagvaar om in die hof te verskyn en die saak is voortgesit.  

Volgens Yvonne Silvestri van Breytenbach-Keulder Prokureurs op Modimolle, het die hof se beslissing die verdediging se kommer oor die geloofwaardigheid van die aantygings teen hul kliënt bevestig. Die hof het bevind dat die deskundiges wat vir die staat getuig het, nie aan die wetlike vereistes vir dié soort sake voldoen nie. Die hof het ook bevind dat daar tekens was dat die getuienis van die jong kind besmet (“gekontamineer”) was. Volgens Silvestri kon geen beduidende mediese getuienis enige aanranding om die beweringe te staaf, aan die hof voorgelê word nie.

Silvestri het aan Die Pos gesê dat die man en sy ouers sedert 2012 vervreemd van sy eie kinders geraak het. Dit sal ’n proses verg om die man en sy ouers met sy kinders te herenig.

Volgens haar gebeur dit dikwels dat mense in die gemeenskap geneig is om bevooroordeeld te wees weens die erns van sake waar kinders as slagoffers betrokke is. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories