HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Boere moet meer paraat wees, sê forum


   01 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 346   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Boere behoort ’n aktiewer rol te speel wat betref die veiligheid van hul kuddes. 

Diegene wat nie veediefstal by die polisie aanmeld nie, sal moet herbesin.

Só lui ’n verklaring deur die nasio-nale veediefstalvoorkomings-forum aan Die Pos nadat hul bestuur onlangse misdaadstatistieke onder oë gehad het.

Volgens die forum se analise het veediefstal in die 2016/2017-tydperk nasionaal met 8,8% gestyg.

Die twee provinsies wat die hoogste stygings aangemeld het, was Noordwes (3 192 gevalle) en Mpumalanga (2 867), waar albei ’n styging van 22,5% aangedui het. Gauteng en Limpopo was kort op hul hakke waar veediefstalgevalle in Gauteng op 987 en in Limpopo op 1 956 gestaan het.

Die laagste was die Noord-Kaap, maar daar is steeds 1 356 gevalle tydens die afgelope jaar aangemeld. Altesame 26 902 veediefstalgevalle het volgens die forum landwyd plaasgevind. 

Die polisiestasies wat meer as ’n 50% styging in gevalle getoon het, was KwaMhlanga (Mpumalanga) met ’n 171,2 %-styging, Phokeng (Noordwes) 149%, Ermelo (Mpuma-langa) 107,9 %, Selosesha (Vrystaat) 78,5 %, Belfast (Mpumalanga) 77,9 %, Nongoma (KwaZulu-Natal) 73,1 % en Matlala (Limpopo) 56,8%.

Die polisiestasies wat meer as 150 sake in die tydperk ontvang het, was Sulenkama (231), Bityui (214), Qumbu (205), Maluti (185) en Mthatha (179) — almal in die Oos-Kaap — Harrismith (Vrystaat) 175, KwaMhlanga (Mpumalanga) 160, Bergville (KwaZulu-Natal) 158 en Piet Retief (Mpumalanga) 155.

Vee-eienaars wat nie gevalle aanmeld nie, bekommer die forum. 

Met die feesseisoen op hande versoek die forum dat alle boere die volgende stappe moet toepas: 

Eienaars moet identifikasiemerke (soos brandmerke) in hul name regi-streer kragtens die wet op diere-identi-fikasie. 

Hulle moet ook die nodige vorms indien met alle transaksies (dokument met identifikasie, asook veeverwyde-ringsertifikaat).

Veekopers, afslaers, voerkrale en abattoirs moet vee-eienaarskap beves-tig en hulle moet ook weier om vee te aanvaar wat nie gemerk of dokumente het nie. 

Alle identifikasiedokumente moet vir 12 maande op rekord gehou word en eienaars moet hul vee gereeld tel, want indien daar ná die reënseisoen ontdek word dat vee minder geraak het, is dit reeds te laat.

Vir navrae kan boere vir Willie Clack, voorsitter van die forum, by tel. 082 574 2653 bel of vir Gerhard Schutte, hoof- uitvoerende beampte, by tel. 082 556 7296.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories