HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Modimolle-polisie ontdek groot kopervonds


   01 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 938   l   11 days ago  

 

Die Modimolle-polisie het op 600 kg se koperkabels tussen die nywerheidsgebied en die rioolwerke afgekom. Die plastiekomhulsels was reeds van die kabels afgebrand en dit was in 14 hope verdeel. 


’n Onlangse ondersoek na ’n huisbraak in die nywerheidsgebied op Modimolle het daartoe gelei dat die polisie op ’n groot hoeveelheid koperdraad afgekom het. 

Ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het gesê die polisie en die gemeenskap het die gebied gefynkam ná die inbraak om te kyk of hulle van die gesteelde goedere kan opspoor. 

Hulle het tydens die soektog op sowat 600 kg se koperkabels afgekom. 

Die plastiekomhulsels is reeds van die kabels afgebrand en dit is in 14 bondels verdeel. 

Dié vonds is in die veld naby die rioolwerke gemaak. 

“Die verdagtes sou die koper moontlik vir tussen R13 000 en R18 000 kon verkoop. Die werklike waarde is sowat R40 000,” het Findlay gesê. 

Die polisie het ’n dossier en nie ’n saak geopen nie, omdat daar nie ’n klaer in die saak is nie. 

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, ao. Eugene Clarens van die kriminele ondersoekdienste, bel by tel. 082 943 1214.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories