HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

EFF-raadslid aangekla vir betreding


   01 December 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 319   l   11 days ago  

 

EFF-raadslid, Andries “Sello” Moswoeu, is op Dinsdag, 28 November, van betreding aangekla nadat hy en ’n groep ondersteuners in Oktober munisipale grond op Bela-Bela probeer beset het. Op die foto is Moswoeu by die polisiestasie nadat hy aangekla is.


Net meer as ’n maand sedert EFF-ondersteuners op Bela-Bela munisipale grond op die Alma-pad langs ’n goed ontwikkelde woonbuurt probeer beset het, is Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid, op Dinsdag, 28 November, by die Bela-Bela-polisiestasie weens betreding aangekla.

Hy was glo die persoon wat die besetting gereël het.

Moswoeu het onder meer tydens ’n openbare vergadering ná die besetting gesê: “Ek is ’n raadslid en daarom behoort die grond aan my.”

Talle inwoners, raadslede, asook organisasies was teen die besetting gekant, veral omdat die grond teenaan die woongebied in die dorp grens.

Die EFF het sedertdien hul besetting op die Alma-pad gestaak nadat die munisipaliteit se regsafdeling klagtes by die polisie gelê het. Die EFF het na verneem word daarna besluit om privaat grond in die Spa Park-omgewing, naby Spa Park Primary School, te beset. Dié grond behoort aan die ontwikkelaar Fred van Heerden.

Talle strukture is reeds daar gebou en mense het van privaat dienste gebruik gemaak om erwe skoon te maak. Dié gebied het geen basiese dienste nie.

Moswoeu het die afgelope ruk verskeie kere aan Die Pos gesê dat die EFF sal aanhou om grond te beset totdat die munisipaliteit die dorp “behuisingskrisis” aangepak het.

Nadat Moswoeu amptelik aangekla is, is hy laat gaan.

Hy is gewaarsku om op Dinsdag, 5 Desember, in die Bela-Bela-landdroshof te verskyn.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories