HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Saak teen voormalige amptenare teruggetrek


   08 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 87   l   2 months ago  

 


Die saak teen twee voormalige werknemers van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit is in die streekshof op Modimolle teruggetrek.  

Die twee mans, Ngoako Moagi (bestuurder van korporatiewe dienste wat in Augustus 2015 geskors is) en Peter Moloto (van die munisipaliteit se regsafdeling), is op Woensdag, 27 April, van bedrog aangekla wat verband hou met die aankoop van ’n silwer Audi Q7 in 2014. Dié voertuig is aangeskaf as die voormalige burgemeester, Meisie Lekalakala, se ampsmotor. 

Die Pos het verlede jaar berig ao. James Findlay van die Modimolle-polisie het gesê daar is tydens die ondersoek bevind dat die munisipaliteit R750 000 aan Audi Polokwane betaal het vir die motor, hoewel die verkoopprys slegs R630 000 was. ’n Bedrag van R114 000 is te veel betaal en het vermoedelik verdwyn. Die munisipaliteit het glo ook valse kwotasies ontvang dat die motor R750 000 kos pleks van die korrekte prys. Klaas Radebe, wat by die motorhandelaar in Polokwane gewerk het, is saam met Moloto en Moagi aangekla.

Die saak is teruggetrek nadat die huidige munisipale bestuurder, OP Sebola, ’n brief geskryf het waarin hy versoek dat dit gebeur. Die saak is deur die vorige munisipale bestuurder, Sam Bambo, gelê. 

Volgens Marlene van Staden, burgemeester, is ’n raadsbesluit geneem om die saak terug te trek. “Dit was ’n raadsbe-sluit wat nooit voorheen uitgevoer is nie. Die raadsbesluit is geneem voordat die nuwe raad oorgeneem het,” het sy gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories