HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Inwoner aangerand terwyl mense toekyk


   08 December 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 5119   l   4 days ago  

 

Bela-Bela-inwoner André Labuschagne (60) is aangerand nadat drie mans in ’n Ford-bakkie hom en sy vrou glo van die pad gedwing en aangerand het. Só het Labuschagne se arm ná die voorval gelyk.


André Labuschagne (60), ’n Bela-Bela-inwoner, het ’n nare ondervinding gehad toe hy op Donderdag, 30 November, naby die Standard Bank op die dorp aangerand is.

Labuschagne het aan Die Pos gesê hy en sy vrou het die middag teen ongeveer 16:30 in Groblerstraat afgery.

By die stopstraat in Chris Haniweg het ’n Ford Ranger-bakkie met ’n Gauteng-nommerplaat langs hulle in die regterbaan stilgehou.

Labuschagne het gesê hy het links gedraai en die Ford het ook vanuit die regterbaan links gedraai.

Die man in die Ford het skielik die toeter gedruk en Labuschagne glo van die pad probeer dwing.

Die twee voertuie het naby die Bela-Bela-munisipaliteit langs die pad tot stilstand gekom, waarna die bestuurder van die Ford glo uitgeklim en op Labuschagne, wat steeds in sy voertuig was, afgestorm het.

Die man het na bewering Labuschagne se voertuig se regterkantste spieëltjie stukkend geslaan. Die spieëltjie het deur die voertuig getrek en op die agterste sitplek beland. Stukke van die spieël het Labuschagne in die gesig getref, het hy vertel.

Die man het glo aangehou om hom deur die ruit in die gesig te slaan en het ook die motor se deure geskop terwyl hy Labuschagne gevloek het. Labuschagne kon daarin slaag om weg te ry en sê hy het na die Standard Bank vir hulp gery, maar die Ford was weer vinnig by hulle.

Volgens hom het een van die twee passasiers wat in die Ford was na sy voertuig gekom en hom toegesnou: “I’ll f*** you up”, waarna hy hom na Labuschagne se vrou gehaas het wat op pad was om die bank se veiligheidswagte te roep. 

’n Baie getraumatiseerde Labuschagne het aan Die Pos gesê die bestuurder van die Ford-bakkie het toe ook uitgeklim en vir sy vrou geskree: “I will kill you, you fat b****!”, waarna hy hom deur die venster aan die hemp gegryp en nog dreigemente en woorde toegesnou het.

Labuschagne het probeer om uit sy voertuig te klim om by sy vrou uit te kom, maar die man het hom glo gegryp en grond toe gestamp. Labuschagne sê hy het hard op die grond te lande gekom.

“Ek het onlangs ’n mantelvliesoperasie gehad en net heeltyd vir my wonde probeer keer. My vrou het nader gekom en die man met haar handsak geslaan, waarna hy my laat gaan het,” het Labu-schagne gesê.

“Teen dié tyd het die toeskouers al hoe meer geraak. Al wat ek verder kan ont-hou, is dat hy nog woorde na my geskree het voordat hulle in die bakkie gespring en weggejaag het.”

Nadat die mans weg was, het ’n omstan-der tot Labuschagne se redding gekom en gesê dat sy die Ford se registrasienommer aan die polisie kan verskaf. Labuschagne het gesê hy is veral dankbaar teenoor dié onbekende vrou aangesien sy die enigste een van al die omstanders was wat hulle probeer help het.

Labuschagne het beserings aan sy arms, gesig, ore en gewrigte opgedoen.

Die Bela-Bela-polisie ondersoek ’n saak van aanranding, maar niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.

Labuschagne het gesê daar was aanvanklik drie mans in die Ford, maar net twee het uitgeklim.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories