HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Twee renosters buite Vaalwater gestroop


   15 December 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 92   l   36 days ago  

 

Twee renosterbulle is Donderdagnag, 7 Desember, op ’n plaas buite Vaal-water vir hul horings gestroop.


Twee renosters is op Donderdagaand, 7 Desember, op ’n plaas buite Vaalwater gestroop. 

Volgens ao. Petrus Lefoka van die polisie op Vaalwater, is die saak op Vrydag, 8 Desember, by die Dorset-stasie aangemeld. Albei renosters se horings is gestroop. Die polisie het tot dusver geen verdagtes aangekeer nie. Lefoka het gesê dit was ’n reënerige nag, wat die ondersoek bemoeilik het, maar die ondersoek na die verdagtes duur voort. 

Volgens die plaasbestuurder het hulle die Donderdagaand niks vreemds gehoor nie. “Ons sou die Vrydagoggend ons jaarafsluiting gehou het. Ons werkers moes net inkom om te voer en dan sou ons lekker braai en almal sou so teen 11:00 met vakansie gegaan het,” het die plaasbestuurder gesê. “Die werkers het voetspore op die pad wat hulle ry om te voer, gesien. Ons het die spore tot by die renosterkamp gevolg en besef daar is ’n probleem.”

Volgens die bestuurder het hulle die 80 ha-kamp deursoek en op die twee renosterbulle afgekom. Hulle het ongeveer 80 m uitmekaar gelê. 

Daar was altesame sewe renosters op die plaas. Die oorblywende vyf is egter intussen na ’n ander plaas in die omgewing verskuif. Die plase se name word om veiligheidsredes weerhou. 

Volgens die plaasbestuurder was daar al ander voorvalle met renosters op die plaas voordat hy daar begin werk het. Daar is veiligheidswagte op die plaas, maar hulle was glo nie daar tydens die voorval nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories