HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra


   15 December 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 615   l   38 days ago  

 

Bela-Bela se stortingsterrein was die afgelope ruk in ’n haglike toestand, terwyl bewerings van omkopery rakende die kontrak om dié terrein in stand te hou, die ronde doen.


Vullis is aan die ophoop by die Bela-Bela-munisipale stortingsterrein in die dorp se nywerheidsgebied nadat die kontrakteur wat die terrein die afgelope drie jaar bestuur het, se kontrak op Donderdag, 30 November, verstryk het.

Dié kontrakteur, Solly Malebye, het in ’n gesprek met Die Pos beweer dat ’n munisipale amptenaar glo omkoopgeld by hom geëis het in ruil daarvoor dat sy kontrak vir ’n verdere drie jaar verleng kan word.

Malebye het gesê nadat sy kontrak verstryk het, het hy al sy toerusting en voertuie van die stortingsterrein verwyder. 

Twee munisipale tenders is gedurende die jaar — een in Junie en weer in No-vember — vir die stortingsterrein uitgereik. Die tender om die terrein te bestuur het op Vrydag, 1 Desember, gesluit.

Malebye het gesê hy het vroeër in die jaar navrae aan die munisipaliteit gerig of sy kontrak verleng gaan word, maar het geen terugvoer ontvang nie. 

Hy het glo kort daarna die amptenaar ontmoet wat die omkoopgeld gevra het.

“As iemand ’n beter aanbod as ek na die tafel gebring het, sal ek terugstaan — solank dit billik en op ’n wettige manier gedoen word. Ek koop niemand om nie,” het Malebye gesê.

“Ek het hom (die amptenaar) nog so ewe gevra of die omkoopgeld BTW insluit. Hy het nee gesê,” het ’n veront-waardige Malebye gesê

Die Pos het die stortingsterrein op Vrydag, 8 Desember, besoek maar geen voertuig of toerusting is opgemerk om die vullis te sorteer of die perseel mee te skraap nie. 

Buite die hekke is ’n groot hoop vullis ook opgemerk.

Talle minderbevoorregte mense binne die stortingsterrein bring hul dae daar deur op soek na vullis om te herwin en gebruik daardie inkomste om daagliks te oorleef. 

Malebye het gesê indien die terrein nie reg bestuur word nie, kan dit in ’n omge-wings- en gesondheidsrisiko ontaard. Veral as reënwater nie kan wegvloei nie en vullis in die nabye watersuiwerings-werke beland.

Die munisipaliteit het intussen hul eie voertuie by die stortingsterrein gebruik totdat ’n nuwe kontrakteur aangestel word. 

Volgens David Rabololo, munisipale woordvoerder, sou ’n nuwe kontrakteur dié week aangestel word om die terrein te bestuur.

“Die bewerings van omkopery is onge-grond. Daar bestaan geen bewyse daar-voor nie. Ons as munisipaliteit neem nie sulke aantygings ligtelik op nie, want amptenare word aanspreeklik gehou in terme van die munisipale gedragskode,” het Rabololo gesê.

“Elke munisipale kontrak kom tot ’n einde en kontrakteurs moet dit besef. In baie gevalle kan kontrakte verleng word, maar as amptenare buite die gedragskode optree, sal hulle verantwoordelik gehou word.”

Die kontrak om die stortingsterrein te bestuur word uitgekontrakteer. Vullisver-wydering, as ’n munisipale diens, word steeds deur die munisipaliteit gedoen, het Rabololo gesê.

  • Gevalle van onwettige vullisstorting vind steeds regoor Bela-Bela plaas. Men-se op die dorp kla gereeld dat inwoners vullis in die veld of op leë erwe stort.

    Mense is ook geneig om vullis buite die hekke van die munisipale stortingsterrein te stort omdat baie mense, veral vroue, onveilig voel om die terrein binne te gaan. Die hekke na die stortingsterrein is ook met tye gesluit en mense kan nie hul vullis binne aflaai nie.

    Inwoners is verder bekommerd dat in-dien vullis in gebiede waar daar ’n brandrisiko bestaan, gestort word en dit aan die brand raak, kan die vullis veld-brande veroorsaak en mense die skadelike lug inasem.

    Rabololo het gesê dit is onwettig om vullis op enige plek te stort en oortreders sal ’n boete van R1 000 opgelê word indien hulle betrap word. Dit is ook onwettig om vullis buite die munisipale stortingsterrein af te laai, het hy gesê.

    “Inwoners moet sulke praktyke aan die munisipaliteit rapporteer en poog om bewyse te kry dat iemand dit gedoen het. Dit sal die verkeersafdeling baie help om die munisipale verordeninge te kan af-dwing.”

    Hy het gesê daar sal ondersoek ingestel word na die hek by die stortingsterrein wat gesluit is, maar dat daar altyd ’n munisipale werker by die terrein beskikbaar behoort te wees.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories