HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Grond op Vaalwater onwettig betree


   15 December 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 569   l   38 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Dalene Vermaak en Amanda du Toit, twee grondeienaars van Vaalwater, ondervind gereeld dat die staalpenne van hul lyndrade gesteel word.

Du Toit het aan Die Pos vertel die grond wat aan die bokant van haar hoewe grens, is reeds deur plakkers betree en die mense gebruik hierdie staalpenne om huise daar op te rig. “Ek het al die polisie gebel, maar hulle sê hulle kan niks aan die situasie doen nie,” het Du Toit gesê. 

Ao. Petrus Lefoka, woordvoerder van die polisie op Vaalwater, het aan Die Pos gesê hulle kan slegs iets aan plakkers doen indien die eienaar ’n saak van betreding open. Volgens Lefoka behoort die betrokke eiendom waarop die plakkers woon, aan “mense van die stad”. 

Die eienaars was teen druktyd steeds onbekend. 

Lefoka het aan Die Pos gesê die gemeenskap van Lesideng vertel dat dié grond die nuwe Uitbreiding 7 van die township sal wees, maar volgens Lefoka is dit nie waar nie. Die polisie kan egter niks doen voordat die eienaars nie gereageer het nie, het hy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories