HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

‘Buffelman’ weer vas


   02 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 916   l   3 months ago  

 

Jaco Opperman het op Maandag 29 Januarie in die streekshof op Modimolle verskyn op drie klagte van bedrog en een klag van ontsnapping uit aanhouding. 


’n Vermeende internetbedrieër het vandeesweek weer in die hof op Modimolle verskyn op drie klagte van bedrog en een van ontsnapping uit aanhouding. 

Hy is by ’n vriendin se huis in Potchefstroom aangekeer.

Die 33-jarige Jaco Opperman het glo ontsnap nadat hy op Vrydag 1 September R500 borgtog betaal en na vryheid geloop sonder dat ’n landdros borgtog toegestaan het tydens sy hofverskyning. 

Die Pos het vroeër berig dat die provinsiale woordvoerder van die polisie, brig. Motlafela Mojapelo, bevestig het dat sake van regsverydeling en hulpverlening teen die betrokke landdros en ’n po-lisieman aanhangig gemaak is. Die klagte word nog ondersoek. 

Opperman verskyn op verskeie klagte van bedrog wat hy glo landwyd gepleeg het. Speurders van Modimolle het hom verlede jaar in Augustus vasgetrek. Hy het glo ’n plaaslike wildboer in 2016 met R20 000 ingeloop nadat hy buffels op die internet geadverteer het, maar verdwyn het nadat ’n deposito aan hom betaal is. Hy het die speurders draaie so ver as Kaapstad laat ry, waarna hy uiteindelik in eMalahleni (Wit-bank) aangekeer is. Die ondersoekbeampte in die saak is sers. Amanda Rossouw.

Opperman se donker hare was spierwit gekleur tydens sy hofverskyning op Maandag 29 Januarie in die streekshof op die dorp. 

Speurders het hom na verneem word die vorige Vrydag by ’n vriendin se huis in Potchefstroom verras nadat hulle inligting oor waar hy hom bevind, ontvang het. Die vriendin het glo gesê sy het hom op Facebook ontmoet en hom net as Herman Calitz geken. Hy het sedert Oktober by haar gewoon, het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, aan Die Pos gesê.

Opperman bly in aanhouding en sal vermoedelik op Maandag 12 Februarie om borgtog aansoek doen.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories