HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Lodge-eienaar verskyn in hof ná sy vrou se dood


   02 February 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 2195   l   3 months ago  

 

Herman van Tonder, bekende lodge-eienaar van Bela-Bela, het die afgelope week in die hof verskyn in verband met die raaiselagtige dood van sy vrou Elrina (regs) sowat drie jaar gelede.


’n Bekende lodge-eienaar van Bela-Bela het vandeesweek vlugtig in die land-droshof in die dorp verskyn in verband met sy vrou se raaiselagtige dood sowat drie jaar gelede.

Die polisie het Herman van Tonder, eienaar van Mbizi Game Lodge & Spa buite die dorp, op Maandag 29 Januarie in hegtenis geneem. Hy word volgens die klagstaat verdink van die moord op sy destydse vrou, Elrina van Tonder (42). 

Die dossier is volgens die polisie na die direkteur van openbare vervolging ver-wys, wat nou beslis het dat hy van moord aangekla moet word. 

Die Pos het destyds berig dat Elrina op 6 November 2014 in die St. Vincent’s-hospitaal oorlede is. 

Van Tonder wou nie met Die Pos oor sy vrou se dood praat toe ons hom destyds daaroor gebel het nie. Elrina was ’n baie geliefde inwoner van die dorp en ’n voorslagma en –organiseerder by Hoër-skool Warmbad.   

Van Tonder het op dieselfde dag van sy inhegtenisname vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Hy het nie gepleit nie. Die hof het borg-tog van R15 000 aan hom toegestaan. Hy is vrygelaat op voorwaarde dat hy sy paspoort moet indien en elke Maandag by die Bela-Bela-polisie moet aanmeld. Hy mag ook nie met staatsgetuies inmeng nie.

Die saak is na Vrydag 2 Maart uitgestel om te bepaal of dit verder in die Modi-molle-streekhof of in die hooggeregshof aangehoor sal word. Die ondersoek duur voort.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories