HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Seksklagte teen pa van seuns skok


   02 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1483   l   3 months ago  

 


Ontstellende aanklagte dat twee jong kinders van Modimolle seksueel deur hul biologiese pa aangerand is, is verlede week in die hof op dié dorp aangehoor. 

Die 30-jarige man het op Woensdag 24 Januarie in die hof verskyn op klagte wat verband hou met die beweerde seksuele misdrywe, aanranding en die vervaardiging van pornografie. 

Die man se identiteit mag nie bekendgemaak word nie om die kinders te beskerm. 

Die egpaar se drie seuntjies is glo in 2012 uit hul sorg verwyder weens verwaarlosing. Die twee oudstes was vier en drie jaar oud en is in ’n kinderhuis geplaas en die derde seuntjie, wat ’n jaar oud was, in pleegsorg. Die ma was op daardie stadium glo swanger met ’n vierde kind. Die tweede oudste seun is later ook in pleegsorg geplaas.

Lig is eers op die beweerde aanrandings gewerp nadat een van die kinders wat in pleegsorg geplaas is, sy pleegouers daarvan vertel het. Die seksuele aanranding het glo gebeur toe twee van die seuns tussen drie en ses jaar oud was. Hulle het steeds hul ouers besoek nadat hulle uit hul sorg verwyder is en van die misdrywe is moontlik toe gepleeg. 

Die ma van die kinders is nie in hegtenis geneem nie. 

Die man moet weer op Donderdag 22 Februarie in die hof verskyn. 

* Nog twee mense het op Donderdag 25 Januarie in die hof op Modimolle verskyn op klagte van seksuele misdrywe teen hul kind. Die paartjie se paaie het glo intussen geskei. Die verhoor is uitgestel nadat een van die prokureurs onttrek het. ’n Hofdatum waartydens hulle kan pleit, moet nog vasgestel word. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories