HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Meld verdagte optrede aan, vra polisie


   09 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 69   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Inwoners van die Bela-Bela-omgewing leef volgens die polisie in ’n gemaksone wanneer dit by misdaad en misdaadvoorkoming kom.

Twee voertuie is byvoorbeeld die afgelope week in die woongebied op die dorp gesteel — een in Moffat- en een in Ludorfstraat.

Die polisie is ook bewus van ’n paar voorvalle van poging tot huisbraak op die dorp en voorvalle waar veral bejaardes geteiken word. Dié sake word ondersoek.

Die polisie vra dat inwoners veral op die uitkyk sal wees vir verdagte persone wat doelloos op sekere plekke soos straathoeke of verlate erwe “rondhang”.

Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof van die Bela-Bela-polisie, het aan Die Pos verduidelik dat die polisie wel kan optree wanneer daar ’n vermoede bestaan dat iemand sonder rede in ’n omgewing “rondhang”.

Hy het gesê dat verdagtes in die meeste gevalle inwoners se daaglikse roetine dophou en presies weet wanneer om toe te slaan. In die meeste van die gevalle is die kwaaddoeners nie plaaslike mense nie, het hy gesê.

“Die verdagtes volg nie altyd ’n spesifieke patroon of modus operandi. Indien hulle ’n geleentheid sien om ’n mis-daad te pleeg, benut hulle dit,” het Phetla gesê. “Dit is vir my steeds skokkend om te sien dat inwoners en selfs besoekers nie hul voertuie by inkopiesentrums sluit nie. Sommiges los selfs hul voertuie se vensters oop terwyl daar waardevolle items in die voertuig is.”

Straatsmouse kan soms ook as “verdag” bestempel word, het hy gesê. Volgens die munisipale verordeninge behoort straatsmouse ’n spesiale permit by die munisipaliteit, asook die toestemming van ’n sake-eienaar te kry om ware voor privaat ondernemings te smous. Die permit geld ook vir smouse wat rondloop en ware verkoop, lui dié verordening.

Phetla het gesê straatsmouse wat by misdaad betrokke is, kan inligting van ’n persoon of onderneming aan sindikate uitlap. 

Hy het inwoners gemaan om nie “kleiner misdade” ligtelik op te neem nie. Inwoners moet die polisie kontak as daar vermoed word dat iemand gereeld by hul onderneming, straat of woning “rondhang”.

Die polisie kan sodoende die verdagte persoon inneem vir ondervraging en bepaal of hy of sy voorheen by misdaad betrokke was of steeds is, het hy gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories