HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Beloning vir inligting oor trok aangebied


   09 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 185   l   3 months ago  

 

Twee voertuie, ’n Hyundai-trok en silwer Toyota Tazz, is die afgelope week op Bela-Bela gesteel. Jakkals van Heerden, eienaar van die gesteelde trok, bied ’n beloning van R10 000 aan vir inligting wat tot die opsporing van die trok kan lei.


Twee voertuie is die afgelope week in die Bela-Bela-dorpgebied gesteel.

Die Pos het verlede week berig oor ’n silwer Toyota Tazz wat op Sondag 28 Januarie in Moffatstraat gesteel is. Skaars twee dae later het boewe weer toegeslaan en ’n 2014 Hyundai 72-trok met ’n sleepwa deur die loop van Dins-dagnag 30 Januarie en Woensdag-oggend 31 Januarie in Ludorfstraat gesteel. 

Die trok se eienaar, die sakeman Jakkals van Heerden, het intussen ’n beloning van R10 000 aangebied vir enige inligting wat tot die opsporing van die trok kan lei. 

Hy het by navraag gesê hy het onlangs ’n wenk ontvang dat iemand die trok ver-moedelik op die Thabazimbi-pad gewaar het, maar hy het geen verdere inligting nie. Die Bela-Bela-polisie ondersoek die saak.

Van Heerden het gesê die trok kan uitgeken word aan die antenna wat bestaan uit binddraad en die linker ruitveër wat geheg is. Daar is geen lig by die agterste nommerplaat nie en die knippe wat die hekke toehou, lyk soos die knippe op die ou Isuzu-bakkies. Verder het die regteragterwiel vier nuwe blink skroewe (die ander twee is oud), en die regtervoorwiel het slegs een nuwe skroef op.

Die staalrame agterop is spesiaal uit ronde pype gemaak en nie uit plat staal nie, het Van Heerden gesê. Verder is daar op plekke duidelike stampmerke. Die voorkant van die trok is onlangs gesprei-verf en die lisensieskyf voorop het reeds in Januarie verval. 

Die registrasienommer van die trok is CYX 645 L.

Indien mense die trok gewaar, kan hulle vir Van Heerden bel by tel. 076 120 4967 of by tel. 082 574 9524. Die Bela-Bela-polisie kan ook geskakel word by tel. (014) 736 9760/9761 of by tel. 072 839 5587.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories