HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Van Tonder weer in hof oor gewese vrou se dood


   09 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 1483   l   2 months ago  

 

Herman van Tonder van Mbizi Game Lodge & Spa buite Bela-Bela het weer vlug-tig in die landdroshof in die dorp verskyn in verband met die dood van sy gewese vrou sowat drie jaar gelede. Hy is deur familie en vriende by die hof bygestaan, asook deur sy verloofde, Karlien van der Westhuizen (regs). Foto: Herman Steyn


Herman van Tonder, eienaar van die Mbizi Game Lodge & Spa buite Bela-Bela, het op Vrydag 2 Maart vir die tweede keer vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die dood van sy gewese vrou sowat drie jaar gelede.

Van Tonder word luidens die klagstaat verdink van die moord op Elrina van Tonder. Sy is op 6 November 2014 in die St. Vincent’s-hospitaal op die dorp dood verklaar. Inwendige bloeding is destyds as die moontlike rede vir haar dood voorgehou. Van Tonder wou nie destyds met Die Pos oor sy vrou se dood praat nie.

Volgens die polisie is die dossier na die direkteur van openbare vervolging (DOV) verwys, wat intussen beslis het dat Van Tonder van moord aangekla moet word. Dié besluit het gevolg ná ’n nadoodse ondersoek.

Van Tonder is op Maandag 29 Januarie in hegtenis geneem en het dieselfde dag vlugtig in die hof op die dorp verskyn. Hy is op borgtog van R15 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy sy paspoort moet indien en elke Maandag by die Bela-Bela-polisie aanmeld. Hy mag ook nie met staatsgetuies inmeng nie.

Van Tonder het verlede Vrydag saam met familie en vriende by die hof opgedaag. Sy verloofde, Karlien van der Westhuizen, was ook daar om hom te ondersteun.

Van Tonder se prokureur het die hof tydens die verrigtinge gevra vir die lys van staatsgetuies. 

Abraham Mohlabe, staatsaanklaer, het gesê dit sal beter wees om vir ’n besluit van die DOV te wag, maar landdros Gerrit Olivier het gesê hy sal die verdediging se versoek aan die toepaslike persoon aan-stuur.

Die saak is na Vrydag 4 Mei uitgestel vir verdere opdragte van die DOV.

Van Tonder se borgtog is verleng.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories