HOOFSTORIES: •   Vlamme stuit nie bedrogondersoek   •   Inkopiesentrums nie so veilig   •   Betogings en klipgooiers hou gevaar op N1 in   •   Sydney Gregan - nie tronkstraf, vra verdediging   •   Hansies groet geliefde hoof   •   Skoolseun beseer tydens 'bakleiery'   •   Skrootwerwe in polisie se visier   •   Plaaswerkers slyp vaardighede   •   Wildehonde se gewoontes van nader bekyk   •   Bekende in wildkringe spreek jagters toe   •   Jong bulletjies wyl hul staal
 


 
 

 

GPF en AfriForum loods fluitjieprojek


   16 March 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 524   l   41 days ago  

 

Lede van die GPF, polisie en AfriForum saam met inwoners tydens die uitdeel van die fluitjies in Mookgophong. 


Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het, in samewerking met AfriForum, ’n fluitjieprojek in Mookgophong geloods om misdaad te probeer voorkom.

Die AfriForum-tak in die dorp, onder voorsitterskap van Philip van Staden, het die fluitjies aangekoop en aan inwoners in Uitbreiding 1 en 6 uitgedeel. “Die doel is om inwoners te help om mekaar bewus te maak indien daar diewe of misdadigers in die omtrek is,” het Van Staden gesê. 

Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die GPF, Jack Dlamini, GPF-leier in Uitbreiding 6, lede van die polisie en Van Staden het op Woensdag 7 Maart ’n vergadering met inwoners in dié uitbreiding gehou om die fluitjies uit te deel en die doel daarvan te verduidelik. 

Die Pos is ook genooi en was teenwoordig met die uitdeel van 100 fluitjies. Altesame 50 fluitjies is reeds in Uitbreiding 1 versprei. Volgens inwoners het dit ’n groot verskil gemaak in die voorkoming van misdaad en hul veiligheid. 

Die inwoners in die uitbreiding het die geleentheid gekry om klagtes onder die GPF en polisie se aandag te bring. Lt.kol. Kiba Kekana, stasiebevelvoerder, het daarna terugvoer aan die inwoners gegee en ook beloof om aan die klagtes aandag te gee.

Een van die besware was dat die polisie nie vinnig en doeltreffend reageer op oproepe nie. Daar was ook bewerings van korrupsie. Kekana het inwoners gevra om na vore te kom met bewyse en om gevalle skriftelik aan te meld. Die klaers wou egter nie hul name genoem hê nie uit vrees vir intimidasie.

Volgens Van Staden sal fluitjies ook in Phomolong versprei word.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories