HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

‘Buffelman’ verskyn weer in hof


   06 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 219   l   17 days ago  

 


Jaco Opperman het op Donderdag 29 Maart weer by die beskuldigdebank in die hof in Modimolle ingeskuif. 

Hy word daarvan beskuldig dat hy mense landwyd met internetslenters ingedoen het. 

Hy verskyn op drie klagte van bedrog en een van ontsnapping uit aanhouding. 

Opperman is in Augustus verlede jaar deur speurders van Modimolle vasgetrek nadat hy glo in 2016 buffels aan ’n plaaslike wildboer op die internet verkoop en met die geld verdwyn het. Opperman word ook elders in die land op soortgelyke klagte gesoek. 

Die 33-jarige Opperman het kort daarna uit aanhouding ontsnap. Hy het volgens die polisie ná sy hofverskyning in September verlede jaar R500 borgtog betaal en by die hof uitgestap sonder dat die landdros tydens sy hofverskyning borgtog toegestaan het. Hy is in Januarie vanjaar by ’n vriendin se huis in Potchefstroom vasgetrek waar hy glo ’n tyd lank geskuil het. Hy het glo die skuilnaam Herman Calitz gebruik. 

Opperman moet weer op Maandag 16 April in die hof verskyn.  

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories