HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Begraafplaasheining al drie keer gesteel


   13 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 201   l   11 days ago  

 

Alhoewel daar ’n nuwe heining rondom die Bela-Bela-begraafplaas opgerig is, is 57 panele van dié heining oor die afgelope vier maande gesteel. Die skade beloop reeds derduisende rand. Op die foto is die lang ry pale sonder enige heining.

 


Inwoners en besoekers van Bela-Bela kon sedert November 2017 sien hoe die nuwe heining wat om ’n gedeelte van die Bela-Bela-begraafplaas opgerig is, stadig maar seker verdwyn.

Dié nuwe panele is sedert verlede jaar al op drie verskillende geleenthede gesteel.

In die nuutste munisipale verslag van die Bela-Bela-munisipaliteit wat op Vrydag 23 Maart uitgereik is, word genoem dat ’n kontrak aangegaan is om 950 m van die oorspronklike heining met meer gevorderde en duursame heiningpanele te vervang.

Die panele is aan die noordelike kant van die begraafplaas (naby die nuwe kragstasie wat tans gebou word) tot by die Indiër-begraafplaas opgerig. 

Die projek word deur ’n munisipale infra-struktuur-toelaag befonds en het tot dusver R405 966,28 gekos, lui die verslag.

Altesame 12 van hierdie panele is egter in November 2017 gesteel. Die waarde daarvan word op R46 000 geraam.

Die munisipaliteit het op Maandag 8 Januarie bykomende skade van R40 000 gely toe ’n verdere 10 panele gesteel is. 

Nog 35 panele, wat R135 000 gekos het, is op Woensdag 28 Februarie gesteel.

Die totale verlies beloop luidens die verslag R226 000.

Hoewel die diefstalle by die Bela-Bela-polisie aangemeld is, is nog niemand in hegtenis geneem nie, het die polisie aan Die Pos bevestig. 

Die ondersoeke is egter byna voltooi en die polisie het ’n vermoede wie moontlik betrokke kan wees, het lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof, aan Die Pos gesê.

Luidens die munisipale verslag het die munisipaliteit versekering op die nuwe heining en is hulle besig om ’n tydelike heining op te rig. 

Die Pos het navrae aan Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, gestuur, maar hy het teen druktyd nie gereageer nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories