HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Saak teen Sesane teruggetrek


   13 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 104   l   10 days ago  

 

Voormalige ANC-raadslid, John Sesane.


Die saak van roekelose en nalatige bestuur teen John Sesane, voormalige ANC-raadslid van die Bela-Bela-munisipaliteit, is die afgelope week teruggetrek.

Sesane is in November 2017 van roekelose en nalatige bestuur aangekla nadat sy Mercedes en ’n minibustaxi in die township in ’n ongeluk betrokke was en mense beseer is. Die ongeluk het luidens die klagstaat in Limpopostraat plaasgevind.

Die hof het die aanklag teen hom teruggetrek aangesien die polisieondersoek nie afgehandel is nie, lui die klagstaat.

• Twee ander ANC-raadslede, Henriëtta Ledwaba en Freddy Hlungwane, is ook die afgelope twee weke vrygespreek op afsonderlike aanklagte van crimen injuria en aanranding. Ledwaba en Hlungwane is albei voormalige burgemeesters van die dorp. 

Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid, wat op ’n klag van betreding verskyn, se hofsaak duur op Dinsdag 24 April voort. Die hof het ’n lasbrief vir hom goedgekeur wat in werking sal tree indien hy nie by sy volgende verskyning opdaag nie. Moswoeu het aan Die Pos gesê dat hy nie by sy vorige hofsaak kon wees nie, omdat hy in die hospitaal was.  — Andries van der Heyde

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories