HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Polisie waarsku inwoners teen misdaad


   13 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 125   l   10 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die polisie in Modimolle waarsku inwoners om hul veiligheid op te skerp omdat hulle ’n toename in huisbrake ervaar.

AO James Findlay, woordvoerder van die polisiestasie, het gesê daar was onlangs ’n vlaag van inbrake in die Phagameng-woonbuurt. Dié inbrake versprei gewoonlik, het hy gesê.

Dit blyk motordiewe het ’n voorliefde vir ouer tipe Isuzu-bakkies ontwikkel en in een geval is so ’n voertuig selfs uit die eienaar se motorhuis gesteel, het hy gewaarsku. 

“Mense moet op hul hoede wees as hulle geld by kitsbanke onttrek,” het Findlay gewaarsku. “In ’n onlangse geval het ’n ouer vrou R1 000 onttrek, maar die kitsbank het aanvanklik slegs ’n gedeelte van die geld gegee. ’n Jong man wat naby haar gestaan het, het met die res van die geld op die vlug geslaan toe die kitsbank dit uitstoot,” het hy gesê.

’n Winkeleienaar in Phagameng se uitbreiding 7 in Freedom Park het ook die afgelope week onder rowers deurgeloop. Die rowers, vermoedelik drie mans, het die eienaar op die vloer laat lê terwyl hulle selfone en R2 000 kontant gebuit het. Een skoot is afgevuur, maar gelukkig is niemand beseer nie, het Findlay gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories