HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Bestuurder op sy pos ondanks bewerings van hofstappe


   13 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 57   l   10 days ago  

 


Bela-Bela se nuwe munisipale bestuurder het diens aanvaar ondanks bewerings van dreigende hofsake oor dié aanstelling. 

Simon Ngomane, wat ook vir die pos aansoek gedoen het, het op Vrydag 9 Maart ’n prokureursbrief aan die munisipaliteit gestuur waarin hy beweer dat die muni-sipaliteit nie die korrekte prose-dure en wetgewing gevolg het wat betref die aanstelling van Sello Michael Makhubela, die nuwe munisipale bestuurder, nie. Hy het ook ’n afskrif van dié brief aan Die Pos gestuur. 

Makhubela het reeds op Dinsdag 3 April saam met Jamela Selapyane, die nuwe bestuurder van korporatiewe dienste, asook Ramadiga Melvin Marutha, die nuwe hoof- finansiële beampte by die munisipaliteit, as permanente hoofde van hul onderskeie departemente begin werk. 

Ngomane het teen druktyd gesê hy gaan voort met die dagvaardiging, maar hy kon nie verdere besonderhede of dokumentasie aan Die Pos verskaf nie.

Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid, het by navraag aan Die Pos gesê Ngomane se prokureursbrief is “nonsens”.

“Ons glo die regte prosedure is gevolg en dat die kortlys en onderhoude korrek gedoen is. Daar was geen gekonkel tydens die proses nie,” het hy beweer.

“Dit is uitstekende nuus dat ons uiteindelik permanente bestuurders by die munisipaliteit het. Ons is egter gekant teen enige persoon wat die munisipaliteit wil kortwiek en wil verhoed dat mense nie dienslewering ontvang nie.”

Moswoeu het gesê elke persoon wat dienslewering probeer ondermyn, is “’n vyand van die gemeenskap” en dieselfde geld vir raadslede wat nie die gemeenskap se belange op die hart dra nie.

Die Pos het teen druktyd vir Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, gevra of daar verdere verwikkelinge oor die dreigende hofsaak is. Hy het egter gesê dat daar sover “niks gebeur het nie”.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories