HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Modimolle-sakevrou in hof oor handtekening


   20 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 208   l   31 days ago  

 


Die verhoor van Anita van Niekerk, ’n sakevrou van Modimolle, het verlede week in die hof in Modimolle begin. 

Van Niekerk, aan wie tydens ’n vorige verskyning borgtog van R5 000 toegestaan is, verskyn op ’n bedrogklag nadat sy na bewering haar werkgewer se handtekening op ’n aansoek by ’n motorhandelaar vervals het. Van Niekerk het glo volmag gehad om namens die werkgewer te teken, maar het luidens die klagstaat nie haar eie handtekening op die dokumente aangebring nie, maar haar werkgewer s’n vervals. 

Van Niekerk se eertydse werkgewer het eerste getuig.  

Pieternella Jacobs het op Donderdag 12 April in die hof getuig dat Van Niekerk haar gevra het om haar te help om ’n onderneming oop te maak omdat Van Niekerk insolvent is en dit nie self kon doen nie. Jacobs het getuig dat sy ’n onderneming en bankrekening in haar eie naam geopen het, maar dat die onder-neming deur Van Niekerk bedryf is en sy nie insae daarin gehad het nie. 

Sy het getuig dat sy ’n oproep van ’n motorhandelaar ontvang het rakende finansiering waarvoor sy glo aansoek gedoen het. Sy het daarna ondersoek ingestel. 

Van Niekerk se prokureur, Stef Kruger, het dié weergawe tydens sy kruisondervraging van Jacobs betwis. Hy het aangevoer dat Jacobs wél insae in die onderneming gehad het en dat Van Niekerk meermale, met Jacobs se medewete en goedkeuring, haar (Jacobs se) handtekening op dokumente aangebring het.

Die saak vervat op Woensdag 16 Mei voor landdros Pieter Manthata. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories