HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Onherkenbare lyk op grondpad gevind


   20 April 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 228   l   31 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die polisie in Vaalwater ondersoek ’n moord nadat ’n motorryer ’n onbekende man se liggaam op die Boshoek-grondpad ontdek het. 

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die motorryer het die polisie van die man se liggaam in kennis gestel. 

Die man liggaam het luidens die verklaring reeds begin ontbind. Die oorledene het ’n ligte blou langmou T-hemp aangehad, ’n donker blou broek en ’n blou gordel. Hy was kaalvoet.

Sers. Oupa Koos Monyeki het bevestig dat die man al maklik vir sewe dae dood was en het gesê foto’s sal ongelukkig nie kan help met die uitkenning van die man nie weens die ontbinding. 

Geen familielede het ten tyde van Die Pos se navraag op Sondag 15 April nog na vore gekom nie. 

Die polisie ondersoek die saak verder en vra enigeen met inligting wat kan help om die man uit te ken om vir Monyeki by tel. 076 4815 356 te bel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories