HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Vier fees in Afrikaans by die Kaboemfees


   25 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 333   l   2 months ago  

 


Modimolle gaan dié naweek makietie hou dat die stof so staan want die tyd vir die jaarlikse Kranskop Afrikaanse Boerekos- en Musiekfees, oftewel Kaboemfees, het aangebreek. 

Dié fees lok mense van wyd en syd en stedelinge hou ook hul lyf plattelander vir ’n naweek om te kom smul aan pap en kaiings en ander boerekos en luister na Afrikaanse sangers. 

Daar word by dié fees trots in Afrikaans gesing, gepraat, geëet en geleef. Feesgangers kan uitsien na vertonings deur verskeie bekende name. 

Die hekke open op Vrydag, 25 Augustus, om 10:00 en Gretha Pers, Buster die Brak, Croc, Altus Theart,  Andries Vermeulen en MD Greyling tree op. Die gewilde FAK-saamsing met Pieter Smith vind om 19:00 plaas, met Karlien van Jaarsveld wat om 21:00 sing. 

Die fees skop op Saterdag, 26 Augustus, om 08:00 af. Deur die loop van die dag tree Tiaan Langenegger, Bertha le Roux, Wolwe Dans, Dowwe Dolla en Len Muller op. Die Buffelsfontein Baardolie-kompetisie vind om 15:00 plaas en die Plaasmeisie-kompetisie om 16:00. Daarna tree Croc, Altus Theart en Pieter Smith op. Om 19:00 klim Robbie Wessels op die verhoog, gevolg deur Juanita du Plessis en Steve Hofmeyr. 

Die verskeidenheid boerekosrestaurante het elk ’n verskillende tema. Daar is ook ’n biertuin en ’n wynproe-geleentheid. 

Diegene wat graag ’n plaaswerf-ervaring wil hê, kan ’n draai maak by die diere, trekkers, perde, trekboergilde, wamakers, hoefsmit en perdekarre. 

Daar is ook talle stalletjies wat slegs kwaliteit handwerk en kuns aanbied. 

Die ingangsfooi vir Vrydag is R125 per volwassene en R45 per kind. Vir Saterdag kos dit R195 per volwassene en R65 per kind. Naweekkaartjies kos R295 per volwassene en R95 per kind. 

Plaaslike inwoners kan kaartjies teen R60 by Hoeksteen Aqua oorkant die Shoprite-sentrum, of by Postnet teen R60 per kaartjie koop. Die fees word by die Kaboemfeesterrein op die Kranskoppad, net buite Modimolle gehou. 

Vir meer inligting skakel tel. 082 727 3218 of 082 854 8764.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories