HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Vermaak by Kansa Relay for Life


   01 September 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 111   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die derde Kansa Relay for Life vind eerskomende Saterdag, 2 September, by die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord buite Bela-Bela plaas.

Die doel van die byeenkoms is om bewusmaking van kanker te bevorder, om mense wat kanker oorleef het te vereer en om mense wat weens kanker gesterf het, te onthou. 

Dit beoof om ’n dag van groot pret vir besoekers en deelnemers te wees.

Die pretloop vind op Klein-Kariba se gholfbaan plaas en begin om 18:00 en duur tot middernag. Spanne van tussen 10-15 deelnemers sal teen mekaar meeding. 

Spanlede kan mekaar aflos, maar daar moet tydens elke skof minstens een spanlid op die baan wees.

Deelnemers kan ook vreemde klere — soos slaapklere — aantrek of as ’n karakter vir die pretloop opdaag. Die wenners wat die meeste aandag getrek het, sal deur die loop van die aand aangewys word.

Die luminaria seremonie vind om 20:00 die Saterdagaand plaas en beloof om iets aanskouliks te wees. Almal teenwoordig sal om die baan met kerse stap. 

Besoekers sal tydens die geleentheid deur plaaslike kunstenaars Cherise, Carl van Heerden en Genique vermaak word. Daar sal ook verversings beskikbaar wees.

Verder kan mense ook aan die boeresport of spanbougeleenthede deelneem. 

Spanfooie vir die pretloop beloop R100 per volwassene, R50 vir hoërskoolleerders en laerskoolkinders hoef slegs ’n donasie te gee. Alle geld wat ingesamel word, word gebruik om kanker te beveg.

Spanne kan steeds Saterdagoggend voor die wedloop inskryf. 

Vir navrae en inskrywingsvorms, bel vir Makkie Nel by tel. 076 047 2665 of vir Elizabeth Heydenrych by tel. 061 165 1234. Mense kan ook vir Ansie van Heerden, Kansa se gemeenskapsmobiliseerder by tel. (014) 717 3950 of by tel. 076 409 4444 bel. 

Besoek ook gerus die webtuiste by www.relayforlife.org.za(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories